
=====================================================================
'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Die taal waarin ek droom'

Jacqueline Leuvennink het vrae per vonkpos aan Marita van der Vyver gevra.   HAAR boeke is van die topverkopers in Afrikaans, maar Marita 
van der Vyver woon en werk deesdae in Provence, Frankryk. Op besoek aan Suid-Afrika wikkel sy haar egter graag 'n slag behoorlik in haar 
eie taal toe -- "soos in 'n ou, bekende kombers". En as sy fiksie skryf, is dit altyd in Afrikaans. Wat was jou kindertyd-gewaarwordinge 
rondom Afrikaans? Was daar familielede, onderwysers of later dosente wat 'n invloed gehad het?

Ek is van die geslag wat "Verwoerd se kinders" gedoop is. Grootgeword in die geil jare van Afrikaner-Nasionalisme, in 'n weelderige, wit 
wreldjie waar niemand ooit aan die bestaansreg van Die Taal, Die Volk ens getwyfel het nie. Ek onthou dat ek as tiener eerder Engels wou 
wees, waarskynlik deel van 'n algemene adolessente opstand teen gesag in al sy gedaantes -- en in my klein wreldjie was al hierdie 
gedaantes (kerk, skool, politiek, familie) altyd Afrikaans. Buitendien, in Engelse skole was die seuns se hare langer en die meisies se 
rokke korter. Twee goeie redes om te wens ek was Engels.

Ek is bevrees geen Afrikaans-onderwyser het my ooit werklik begeester nie, maar dit was nie hl skuld dat ons voorgeskrewe boeke so 
sieldodend vervelig was nie.

Iets wat my miskien op 'n manier bewus gemaak het van die Afrikaanse skryfkuns, was dat ons 'n strandhuis op Franskraal gehad het, so 
skuins agter die huise van D.J. Opperman en Schalk Pienaar. My ouers het altyd met groot respek gepraat van die Digter en die Joernalis. En 
as ek met die voetpaadjie verby hulle erwe see toe gestap het, het hulle dikwels met 'n glas wyn in die hand onder die melkhoutbome sit en 
gesels. Dit het vir my vreeslik lekker gelyk om 'n Digter of 'n Joernalis te wees. Later, op universiteit, was ek gelukkig genoeg om vir 
Opperman se digkuns-laboratorium gekeur te word -- maar ek was te skaam en beskimmeld om ooit my mond oop te maak in die klas. Vertel iets 
van jou leesgeskiedenis en boeke wat 'n indruk gemaak het.

Ek was van kleins af mal oor lees, en besoeke aan die biblioteek in Bellville was 'n weeklikse hoogtepunt. Ek het hoofsaaklik Engels 
gelees, waarskynlik afgeskrik deur ons Afrikaanse voorgeskrewe boeke, tot die vreugdevolle dag toe ek Alba Bouwer ontdek het. Stories van 
Rivierplaas   het 'n hele nuwe wreld vir my oopgemaak. Dat jy 'n ding s kan beskryf! In Afrikaans! 'n Jaar of wat later, hier rondom elf, 
het ek een van Audrey Blignault se bundels (Die verlange loop ver)   as prys vir goeie punte op skool gewen. Ek het daardie essays gelees 
en weer gelees tot die bladsye dun begin voel het onder my vingers.

En op horskool het ek vir Breyten Breytenbach en Antjie Krog ontdek. Liefde met die eerste leesslag. Betowering en verwondering. Die besef 
dat jy sowaar ENIGIETS in Afrikaans kan s. Lees jy steeds baie Afrikaans? N Griet skryf 'n sprokie   het jy iewers ges dat jy verbaas is 
oor die bohaai rondom jou verwoording van erotika wat so lank reeds in die Engelse boeke, wat jy merendeels lees, 'n algemene ding is.

Vr Griet het ek inderdaad tred verloor met wat aangaan in die Afrikaanse boekwreld, hoofsaaklik omdat daar so 'n groot gaping was tussen 
wat ek as dro akademiese Letterkunde beskou het en die soort boek wat jy net geblinddoek in die donker sou wou lees. Waar was die lkker 
boeke, wou ek weet, waar was die Afrikaanse Bellows en Irvings en Amisse, om maar net 'n paar van my destydse Amerikaanse/Britse 
gunstelinge te noem. Ek het toeganklikheid-met-substansie gesoek -- en, helaas, nie werklik gevind in die Afrikaanse boeke van die tyd nie.

N Griet was ek skielik deel van die "literre toneel"; daar is van my verwag om my mening uit te spreek oor Afrikaanse boeke en skrywers. 
Ek het meer doelbewus geprobeer om op die hoogte te bly met die beste wat jaarliks uitgegee word -- dis vergemaklik deur die feit dat 
Afrikaanse boeke die afgelope dekade inderdaad toegankliker as voorheen geword het -- maar ek verkies steeds om my mening vir myself te 
hou. Jou gunstelingskrywers in Afrikaans en hoekom?

Sjoe. Nou kom ons by die redes waarom ek verkies om my mening vir myself te hou. As jy twee skrywers noem, is daar altyd tien ander wat 
wonder waarom jy hulle nie ook genoem het nie. Soms dink ek hoe kleiner die literre dammetjie in 'n land, hoe groter die ego's van die 
vissies wat in die dammetjie rondswem. En ons Afrikaanse dammetjie is so klein dat die visse eintlik nie anders kan as om op mekaar se 
koppe te piepie nie. Dis waarom ek byvoorbeeld weier om Afrikaanse fiksie te resenseer.

Ek sal wel s dat albei Eben Venter se romans (Foxtrot van die vleiseters   en Ek stamel, ek sterwe)   my bendruk het en dat ek gretig 
uitsien na sy volgende, wat blykbaar binnekort gepubliseer word. Miskien het dit iets te doen met so 'n blik-van-buite wat ek verfrissend 
vind. Waarna ek self soek? Dis in elk geval duidelik dat hy in 'n ander dam swem!

O ja, en ek is stds 'n bewonderaar van Breytenbach en Krog, waarskynlik die enigste van my tienerhelde (behalwe Bob Dylan) wat die 
ontnugtering van die ouderdom (myne, nie hulle s'n nie) oorleef het. Dis nie net hulle digkuns wat ek bewonder nie, ook die digterlike 
manier waarop hulle selfs 'n koerantberig in "a thing of Beauty" kan verander. Hoe sien jy die toekoms van Afrikaans?

Ek is hartstogtelik lief vir die taal, maar ek weier om op die waentjie te spring om vir die taal te "stry". Hoofsaaklik omdat baie van die 
mense op hierdie waentjie my erg ongemaklik laat voel. Ek deel nie hul politieke, godsdienstige of morele oortuigings nie. En ek glo nie 
dat hul aggressiewe taktieke die taal gaan "red" nie.

Al wat ek, as Afrikaanse skrywer, vir die taal kan "doen", is om aan te hou om in Afrikaans te skryf -- en te probeer om dit goed genoeg te 
doen dat mense sal aanhou om my boeke in Afrikaans te wil lees. En dan moet dit natuurlik ook goed genoeg wees om vertaal te word, vir 
mense wat nie Afrikaans kn lees nie. As 'n letterkunde wyd genoeg vertaal word, sal dit nooit uitsterf nie -- selfs al sou die taal waarin 
dit oorspronklik geskryf is, iewers langs die pad uitsterf. En hiermee s ek nou nie dat Afrikaans gn uitsterf nie! Griet praat Engels, 
Nederlands, Duits, Frans, Italiaans, Spaans, Sweeds, Tsjeggies, Hebreeus en Chinees. Hoe beleef jy dit?

Behalwe al die vreeslike edel redes vir vreugde oor die verspreiding van die taal en die letterkunde en so aan, is ek op 'n doodgewone 
praktiese vlak dankbaar vir elke vertaling, want daarsonder sou ek nie die pot aan die kook kon hou nie.

Ek is een van die min Afrikaanse skrywers wat geen ander inkomste het nie -- nie 'n salaris of 'n ryk man of 'n erfporsie of 'n plaas nie -- 
en ek moet 'n kind op my eie grootmaak. Die Afrikaanse mark is t klein; sonder vertalings sou ek nie 'n bestaan kon maak nie. Die inhoud 
van jou boeke het tot dusver 'n uit-eie-bodem-geur. 'n Kenmerk wat 'n resensent van Wegkomkans laat s: "Hierdie is ons mense en daarom 
gryp dit jou aan die hart." Jy woon nou in Frankryk en 'n mens wonder of die inhoud van jou volgende boek steeds in ons leefwreld geanker 
sal wees?

Beslis. Die volgende en die volgende -- As ek binne die volgende dekade 'n boek moet skryf wat in Europa of elders afspeel, sal dit heel 
waarskynlik te doen h met Suid-Afrikaanse karakters wat op die een op ander manier daar beland het. Soos ek gedoen het met Louise in Griet 
en Mart in Dinge van 'n kind   en meer as een karakter in Wegkomkans wat in Londen gaan woon het.   In hoe 'n mate is Afrikaans nog deel 
van jou seuntjie, Daniel, se grootword?

Daniel is sewe jaar oud en verstommend drietalig. Ons praat daagliks Frans, Engels en Afrikaans met mekaar en hy begin nou in al drie tale 
gelyk lees, maar Afrikaans bly ons belangrikste voertaal. Sy Afrikaans was besonder goed gevestig voordat hy Engels en Frans begin leer 
het, op onderskeidelik vier- en vyfjarige ouderdom, so dis dalk waarom hy geen tekens toon van enige agteruitgang in sy eerste taal nie. Jy 
is vir 'n onbepaalde tyd terug Frankryk toe en ons verneem daar wag 'n Fransman vir jou. Dink jy jy sal aanhou om in Afrikaans te skryf?

Ek skryf al jare lank joernalistieke artikels en essays in Engels, maar my fiksie sal Afrikaans bly. Die enigste manier waarop ek dit kan 
verduidelik, is om te s dat joernalistiek uit my kop kom, en fiksie uit 'n ander plek in my lyf, iewers tussen my hart en my maag. 
Joernalistiek word met die verstand gedoen; fiksie het veel meer met die onderbewussyn te doen, met die taal waarin ek droom. Jacqueline 
Leuvennink   is vryskutjoernalis. Van Marita van der Vyver het pas 'n nuwe roman, Wegkomkans, verskyn. Dit word reeds in Engels vertaal.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6212.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Junie 1999 /// Vier nasionale ampstale is beter plan (AV 6:2) /// 
Waardeer die Afrikaanse jeug prosa? (AV 6:2) /// S praat die mense (AV 6:2) /// 'n Pikante smakie (AV 6:2) /// Huislike 
geletterdheidsonderrig (AV 6:2) /// Afrikaans n die verkiesing (AV 6:2) /// Taalkennis is bron van vreugde (AV 6:2) /// Fees soek na 
taaloplossings (AV 6:2) /// Gedagtes oor tersire onderrig (AV 6:2) /// 'Hanteer' 'versigtig' kan goeie riglyn wees (AV 6:2) /// Die Groter 
Begrafnis (AV 6:2) /// 'Die taal waarin ek droom' (AV 6:2) /// Hier vonk die taal! (AV 6:2) /// Televisie: Wat is 'die regte ding om te 
doen?' (AV 6:2) /// 'Je parle Afrikaans  Paris' (AV 6:2) /// Leipoldt en Afrikaans (AV 6:2) /// Leer hoe om werk te skep (AV 6:2) /// 
Effekto (AV 6:2) /// Pansat: n die millennium (AV 6:2) /// ONS LESERS SKRYF (AV 6:2) /// Karoomense het eie praattaal (AV 6:2) /// 'Ek s 
ja' (AV 6:2) ///

